AANHALINGS in AFRIKAANS

J -

JAARGETYE

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

C.J.Langenhoven,Ons Eeg deur die Wereld

 

JEUG EN OUDERDOM

Moenie in jou lewenstyd jou besit onder jou kinders uitdeel nie.As hulle spandabel is,sal hulle dit verwaarloos en as hulle inhalig is,sal hulle jou verwaarloos.

C.J.Langenhoven,Ons Weg deur die węreld

Mense wie se kinderdae gelukkig en vertroetel was,bewaar altyd in hul harte iets van die lekker warmte van die nes.

Andre Theuriet

Die lewe is nou maar eenmaal so dat n mens 'n hele leeftyd aan die skuld van die jeug betaal.

J.Claret

Een jonge ledigganger, een oude bedelaar.

Nederlandse Spreekwoord

Jong rijs kan men buigen, maar oude bomen niet.

Nederlandse Spreekwoord

Om jonk te bly beteken nie om jou herinneringe saam met jou te laat oud word nie.

Publuis Sirius

Om jonk te bly beteken nie om jou herinneringe saam met jou te laat oud word nie.

Publuis Siruis

'n Mens se jeug sou 'n ideale toestand gewees het as dit net n bietjie later in jou lewe gekom het.

Lord Asquith

Gevorderdheid in jare kan die beste waargeneem word in vier dinge:ou hout om te brand,ou wyn om te drink, ou vriende om te vertrou en ou skrywers om te lees.

Francis Bacon

Die middeljare is die tyd wanneer n mens altyd dink dat hy binne n week of twee net so goed soos voorheen sal voel.

Don Marquis

Ons kan nie aan ons kinders die toekoms gee nie,al probeer ons hoe hard om dit vir hulle veilig te maak.Maar ons kan hulle vandag gee.

Kathleen NORRIS,Hands Full of Living

Net wanneer n mens begin besef dat sy ouers reg was,begin sy kinders hom vertel dat hy verkeerd is.

Aldo Cammarota, La Opinion

As jy 'n sekere weg aan n kind wil wys, is dit noodsaaklik dat jy af en toe dieselfde roete volg.

Josh Billings

Die mens is soos wyn; sommiges verander in asyn,maar die beste verbeter met die verloop van jare.

Pous Johannes XX111

 

JAG

As 'n man 'n tier wil doodmaak, noem hy dit sport; as die tier hom wil doodmaak, noem hy dit wreedheid. - George Bernard Shaw

Wilde diere maak nooit bloot vir die pret dood nie. Die mens is die enigste wat die marteling en doodmaak van medewesens as amusant beskou.

James Anthony Froude

JOERNALISTE

Joernaliste se 'n ding wat hulle weet nie waar is nie, in die hoop dat dit waar sal wees as hulle dit lank genoeg bly se. - Enoch Arnold Bennett

George Whitefield

Wat jy ook al doen,trap op die beledigings en bemin die wat vir jou lief is.

Voltaire

Gevatheid is altyd welkom en wis alle onderskeid tussen mense uit.Geen waardigheid,geen geleerdheid,geen sterk karakter kan staande bly teen gevatheid nie.

Ralph Waldo Emerson

Vis en gaste ruik binne drie dae.

Benjamin Franklin

In die ongeluk van ons vriende vind ons iets wat nie vir ons onaangenaam is nie.

De La Rochefoucauld

'n Mens raak moeg van die goeie en ook van die beste as dit begin alledaags raak.

Duitse Spreekwoord

Om iets vriendelik te weier is beter as om iets onwillig te gee.

Duitse Spreekwoord

Eensaamheid is die lot van alle groot geeste.

Arthur Schopenhauer

Ek weet dat ek niks weet nie.

 

Cato Die Ouere